Gebruik | Ander |
---|---|
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 6 April 2004[1] |
Ontwerp | ’n Enkele groen baan met ’n goue Suiderkruismotief op die wapperkant, ’n goue sekelmaan in die middel van die vlag en ’n palboom in ’n goue skyf in die skildhoek. |
Die vlag van die Kokoseilande is op 6 April 2004 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n enkele groen baan met ’n goue Suiderkruismotief op die wapperkant, ’n goue sekelmaan in die middel van die vlag en ’n palboom in ’n goue skyf in die skildhoek.